Verskil tussen weergawes van "Baksteen"

Jump to navigation Jump to search
22 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
 
==Geskiedenis==
Baksteen word al baie lank gebruik. Die eerste weergawes van baksteen was ongebakte modder- of kleistene wat in die son uitgedroog is. Sulke tipe steen is al teen 7500 vC in [[Mesopotamië]] en in die Indus vallei gebruik. Deur die gedroogte stene in oonde te bak, word die los kleikorreltjies tot 'n soliede stuk keramiek omvorm. Hierdie tipe steen word dan baksteen genoem, en is baie sterker en verweerbestand as die rou ongebakte stene. Die oudste baksteen uit Mesopotamië en die Indus valleiIndusvallei dateer vanuit ongeveer 5000 vC, alhoewel dit eers teen omtrent 3000 vC was dat dit op groot skaal as boumateriaal gebruik is. Aanvanklik is die stene met die hand gemaak en redelik onreëlmatig gevorm, maar daar is mettertyd van 'n bakvorm gebruik gemaak, wat gesorg het dat die stene almal rofweg dieselfde afmetings en vorm het.
 
In Europa is baksteen vir die eerste keer deur die Romeine op grootskaal aangewend. Na die val van die [[Romeinse Ryk]], raak die baksteen vervaardiging- en boutegnieke egter in onbruik in die Noorde van Europa. In die Suide, en veral in Italië was dit egter nog 'n gewilde boumetode. Dit is eers in die twaalfde eeu dat bakstene weer in die Noorde gebruik is, nadat monnike die tegnologie versprei het. In die Nederlande is daar in daardie tyd dan ook van ‘kloosterstenen’ of ‘kloostermoppen’ gepraat, terwyl daar na bakstene as 'papesteen' in Wes-Vlaandere verwys is.
 
Die gebruik van baksteen neem sterk toe gedurende die laat Middeleeue, deels te danke aan die feit dat houthuise toenemend in die stede verbied is vanweë hulle brandgevaar. Deur bakstene vir kerke en ander belangrike geboue te gebruik, het die [[baksteengotiek]] tot stand gekom. Baie van hierdie kerke staan vandag nog, soos die Katedraal van Roskilde in [[Denemarke]] uit die twaalfde eeu, en die Sint-Marthinuskerk in Landshut in [[Duitsland]]. Bakstene was veral gewild in die omgewings waar daar nie natuurlike steen voorgekom het nie, soos in die Nederlande en die gebied rondom die [[Baltiese seeSee]]. Die hoë koste van vervoer in daardie dae het beteken dat die stene so naby as moontlik aan die uiteindelike bouplek vervaardig is.
 
==Vervaardiging==

Navigasie-keuseskerm