Verskil tussen weergawes van "Mary Shelley"

Jump to navigation Jump to search
842 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (Bygewerk)
k
 
Mary Godwin se ma is oorlede toe sy elf dae oud was, en sy is saam met haar ouer halfsuster, Fanny Imlay, deur haar pa grootgemaak. Toe Mary vier jaar oud was, het haar pa met sy buurvrou, Mary Jane Claremont, getrou. Vir Mary het hy omvattende, alhoewel informele opleiding verskaf en haar aangemoedig om sy liberale politieke teorieë aan te hang. In 1814 het Mary Godwin 'n romantiese verhouding met een van haar pa se politieke aanhangers begin, Percy Bysshe Shelley wat destyds al getroud was. Saam met Mary se stiefsuster, Claire Claremont, het die twee na [[Frankryk]] vertrek en in [[Europa]] rondgereis. Toe hulle na Engeland teruggekeer het, was Mary swanger met Percy se kind. Hul vroeggebore dogtertjie het gesterf. In die volgende twee jaar het die paar met uitsluiting en voortdurende skuldlas te kampe gehad. Laat in 1816 het hulle getrou nadat Percy se eerste vrou, Harriet, selfmoord gepleeg het.
 
Saam met [[Lord Byron]], John William Polidori en Claire Clairmont het die egpaar die somer van 1816 naby [[Genève]] in [[Switserland]] deurgebring waar Mary die idee vir haar roman ''Frankenstein'' ontwikkel het. In 1818 het die Shelleys vanuit Brittanje na Italië gereis waar hul tweede en derde kind gesterf het voordat Mary Shelley die lewe aan haar laaste en enigste oorlewende kind, Percy Florence, geskenk het. In 1822 het haar man verdrink toe sy boot tydens 'n storm in die baai van La Spezia vergaan het. Mary Shelley het een jaar later na Engeland teruggekeer en haar daarna aan die grootmaak van haar seun gewy, terwyl sy 'n loopbaan as professionele skrywer begin het. Die laaste dekade van haar lewe is deur 'n siekte oorskadu. Die oorsaak daarvan was waarskynlik die breingewas waaraan sy in die ouderdom van 53 beswyk het.
 
{{DEFAULTSORT:Shelley, Mary}}

Navigasie-keuseskerm