Verskil tussen weergawes van "Polisie"

Jump to navigation Jump to search
217 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:South African Police Memorial Union Buildings Pretoria 003.jpg|duimnael|300px|Die SAPD Gedenkteken by die [[Uniegebou]] in [[Pretoria]] met die woorde "Servamus et Servimus" (om te dien en te beskerm).]]
[[Lêer:Police.three.on.patrol.london.arp.jpg|duimnael|Polisiebeamptes in Londen.]]
 
Die '''polisie''' is 'n groep mense wat getaak is om wet en orde te handhaaf, [[misdaad]] te bekamp, die publiek te beskerm en tydens noodgevalle te help. Mense wat vir die polisie werk word polisiebeamptes of -offisiere genoem. Hulle is by 'n polisiestasie gestasioneer. Polisiebeamptes word onder andere in noodhulp en lewensredding opgelei, omdat hulle dikwels eerste by ongelukstonele (soos motorbotsings en brande) opdaag.
 
== Magte ==
[[Lêer:Victorian Police Motorcycle, Geelong, Aust, jjron, 30.9.2010.jpg|duimnael|links|'n Polisiebeampte doenop patrollie met 'n motorfiets.]]
 
Die polisie beskik oor spesiale magte wat hulle benodig om hulle pligte uit te voer. Hierdie magte verskil grootliks van [[land]] tot land. Die meeste polisiebeamptes het die mag om mense in hegtenis te neem (arrestasie), mense te deursoek (visentering), asook huise en ander eiendom te deursoek. Hulle dra soms toerusting, soos [[geweer|gewere]], knuppels en pepersproei. Die gebied waarin 'n polisiebeampte hierdie magte kan uitoefen, word sy jurisdiksie genoem. Sodra 'n beampte sy jurisdiksie verlaat, mag hulle nie meer hierdie magte gebruik nie. Hulle moet dan aan die polisiemag of departement wat jurisdiksie oor die gebied het oorhandig.
 
== Toerusting ==
[[Lêer:Police.three.on.patrol.london.arp.jpg|duimnael|links|Polisiebeamptes in Londen.]]
 
In meeste lande word polisiebeamptes opgelei om [[vuurwapen]]s te gebruik. Selfs in lande waar die polisiebeamptes nie gewere dra nie, soos in die [[Verenigde Koninkryk]], [[Nieu-Seeland]] en die [[Republiek van Ierland]], omdat dit van tyd tot tyd nodig mag wees om gewapende misdaad te bestry. Vuurwapens mag slegs gebruik word as lewens in gevaar is.
 

Navigasie-keuseskerm