Verskil tussen weergawes van "Herbivoor"

Jump to navigation Jump to search
571 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
'n '''Herbivoor''' is 'n [[dier]] wat [[plant]]materiaal vreet. Hierdie term is van die [[Latyn]]se woord ''herba'' (gras, kruid, plant) en die agtervoegsel ''-vorus'' (etend, eter) afgelei. In teenstelling met herbivore, vreet [[karnivore]] uitsluitend ander diere, terwyl [[omnivore]] beide diere en plante vreet.
 
Herbivore (soos [[takbok]]ke, [[olifant]]e en [[perd]]e) se tande is aangepas is om plantmateriaal te kneus en te maal. Hulle vreet meestal blare en vrugte, maar kan ook op ander plantdele soos blomme, wortels, sade, bas en nektaar voed. Hierdie diere kan gewoonlik nie [[vleis]] kou of verteer nie. Sommige plantetende diere sal [[eier]]s en ook soms ander dierlike proteïen inneem.
 
Sommige herbivore se dieet is seisoenaal. In die gematigde gebiede, wat deur warm en koue seisoene afgewissel word, is verskillende plante op verskillende tye van die jaar beskikbaar.
 
Let daarop dat [[mens]]e omnivore is. Mense wat slegs plante eet word vegetariërs genoem.

Navigasie-keuseskerm