Verskil tussen weergawes van "Johannes Petrus van der Walt"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
 
Petrus Johannes van der Walt is op [[Ladybrand]] in die Oos-Vrystaat gebore as seun van T.N. van der Walt. Hy is gedoop op [[2 Maart]] [[1879]] in die [[Gereformeerde kerk Ladybrand]], wat op [[20 Desember]] [[1872]] van die [[Gereformeerde kerk Reddersburg]] afgestig het. Nadat hy sy opleiding aan die [[Teologiese Skool Burgersdorp]] voltooi het, het hy in 1909 ’n beroep aangeneem na sy enigste gemeente, [[Gereformeerde kerk Waterberg|Waterberg]], op die destydse [[Modimolle|Nylstroom]]. Op [[28 Januarie]] die volgende jaar is hy op [[Fauresmith]] in die [[Oranje-Vrystaat]] getroud met Maria Magdalena Henning (gebore op [[Burgersdorp]] op [[8 Mei]] [[1891]]). Die bruidegom was dus reeds 31 jaar oud en die bruid 18. Ses kinders is uit dié huwelik gebore, van wie ’n seuntjie, Andries, jonk oorlede is. Daar was nog twee seuns en drie dogters.
 
In 1917 het ''Ons Kerk Album'' as volg oor die Gereformeerde kerk Waterberg berig (vry vertaal uit die Nederlands): "Hierdie gemeente beslaan dele van Zoutpansberg, in wie se groot distrik sy geleë is. Sy word bearbei deur die bekwame en wakkere leraar, ds. J.P. van der Walt. Hy moet sukkel met die nog primitiewe omstandighede waaronder die lede van die gemeente verkeer. Hoewel hy werksaam is in beide anneks-gemeentes, naamlik Waterberg, die grootste van die twee, en Pietersburg, die kleinste, woon hy op Nylstroom, waar ook die [[NG gemeente Waterberg|Verenigde Gemeente]] (NG) se predikant woon. Al drie of vier leraars van die Verenigde, [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde]] en [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde]] gemeentes werk hartlik saam tot die instandhouding van die Hollandse Kerke, en tot uitbreiding van die koninkryk van God."
 
Ds. Van der Walt het Waterberg net sowat 12 jaar bedien, want in Augustus 1922, 27 dae voor sy 44ste verjaardag, is hy in Johannesburg weens kanker oorlede ná ’n bittere lyding. Miemie van der Walt het 74 jaar oud geword en is op [[18 Mei]] [[1965]], 10 dae ná haar verjaardag, op [[Potchefstroom]] oorlede. Blykbaar het sy in die amper 43 jaar tussen haar man se dood en haar eie nooit hertrou nie. Sy en haar man is albei op Nylstroom begrawe.
== Bronne ==
* {{af}} Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. ''Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke''. [[Potchefstroom]]: Administratiewe Buro.
* {{nl}} [[Gustave Adolph Maeder|Maeder, ds. G.A.]] en Zinn, Christian. 1917. ''Ons Kerk Album''. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
 
[[Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika]]
85 663

wysigings

Navigasie-keuseskerm