Verskil tussen weergawes van "Johannes Petrus van der Walt"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
Ds. '''Johannes Petrus van der Walt''' ([[Ladybrand]], [[Oranje-Vrystaat]], [[29 AugustusSeptember]] [[1878]] – [[Johannesburg]], [[Transvaal]], [[2 Augustus]] [[1922]]) was ’nvan 1916 tot 1959 predikant in ses gemeentes van die [[Gereformeerde Kerke vanin Suid-Afrika|Gereformeerde Kerk]], waarvan almal in die destydse [[Transvaal]], behalwe sy laaste gemeente, [[Gereformeerde kerk Colesberg|Colesberg]].
 
In 1917 het ''Ons Kerk Album'' as volg oor die Gereformeerde kerk Waterberg berig (vry vertaal uit die Nederlands): "Hierdie gemeente beslaan dele van Zoutpansberg, in wie se groot distrik sy geleë is. Sy word bearbei deur die bekwame en wakkere leraar, ds. J.P. van der Walt. Hy moet sukkel met die nog primitiewe omstandighede waaronder die lede van die gemeente verkeer. Hoewel hy werksaam is in beide anneks-gemeentes, naamlik Waterberg, die grootste van die twee, en Pietersburg, die kleinste, woon hy op Nylstroom, waar ook die [[NG gemeente Waterberg|Verenigde Gemeente]] (NG) se predikant woon. Al drie of vier leraars van die Verenigde, [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde]] en [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde]] gemeentes werk hartlik saam tot die instandhouding van die Hollandse Kerke, en tot uitbreiding van Gods koninkryk."
 
== Lewensloop ==
Ds. '''Johannes Petrus van der Walt''' ([[Ladybrand]], [[Oranje-Vrystaat]], [[29 September]] [[1878]] – [[7 Julie]] [[1962]]) was van 1916 tot 1959 predikant in ses gemeentes van die [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde Kerk]], waarvan almal in die destydse [[Transvaal]], behalwe sy laaste gemeente, [[Gereformeerde kerk Colesberg|Colesberg]].
 
Johannes van der Walt was die oudste seun van Tjaart van der Walt van die plaas Bluegumboom. Hy is gedoop op [[2 Maart]] [[1879]] in die [[Gereformeerde kerk Ladybrand]], wat op [[20 Desember]] [[1872]] van die [[Gereformeerde kerk Reddersburg]] afgestig het. Sy eerste skoolopleiding ontvang hy op Ladybrand en op die jeugdige ouderdom van ses jaar verlaat hy die ouerhuis. In 1897 lê hy die matrikulasie-eksamen op [[Burgersdorp]] af en sit hier sy studie voort en studeer in die teologie. Met die uitbreek van die [[Tweede Vryheidsoorlog|Driejarige Oorlog]] in 1899 sluit hy by die ambulanskorps aan, dog word ná 'n paar maande gevang en na [[Kaapstad]] gestuur. Gedurende die oorlog rig hy 'n versoek tot die owerheid om hom na [[Bloemfontein]] terug te stuur ten einde sy moeder te versorg wat in die konsentrasiekamp was met ses kinders. Aan sy versoek is voldoen.
 
85 663

wysigings

Navigasie-keuseskerm