Verskil tussen weergawes van "Skandeerder"

Jump to navigation Jump to search
Uitleg van bronteks
(taalsorg)
(Uitleg van bronteks)
'n Platbedskandeerder lyk heelwat soos die boonste gedeelte van 'n fotostaatmasjien. Onder die deksel wat die glasplaat beskerm is die skandeermeganisme, wat die voorwerp wat op die glasplaat lê gaan inlees wanneer dit van die een- na die anderkant beweeg. Die sensor het 'n hele ry ligsensitiewe elemente wat regoor haaks is met die beweegrigting van die skandeermeganisme. 'n Ingeboude ligbron (meestal 'n buislig) is ook op die sensor aangebring om genoeg lig te voorsien om die voorwerp lyn vir lyn te kan inlees. Die kleinste eenheid wat die skandeerder kan lees is die maksimum optiese oplossing wat tans sowat 2400 dpi beloop, en amper as 'n standaard aangeneem kan word. Hoër oplossings is moontlik van sowat 3200 dpi tot 4800 dpi en selfs al 6400 dpi vir die top skandeerders.<BR>
 
==== Transperantkoppelstuk ====
Sommige skandeerders het ook 'n '''transperantkoppelstuk''' (engels: ''transparency adapter, TA''), dit is 'n ekstra lig in die deksel, wat dit moontlik maak om ook skyfies en filmnegatiewe te kan inskandeer. Daarmee saam kom 'n raam wat op die glasplaat geplaas kan word waarin die skyfies geplaas kan word of filmstrookies ingesit kan word (positief of negatief). Deur die skandeersagteware, kan ingestel word wat ingelees moet word, bv. moet die skandeerder weet wanneer daar 'n skyfie ingelees moet word en dit nodig is om die lig in die deksel aan te skakel om die lig wat deur die skyfie skyn te kan inlees. Verder is dit ook nodig vir die skandeerder om te weet wanneer daar 'n negatief ingelees moet word, omdat die sagteware dan 'n spesiale verwerking moet toepas om die kleure vanaf die negatief in die korrekte positiewe beeld om te sit, sodat die kleure korrek vertoon word, soos op 'n foto.
 
== Tegniese verskille ==
Daar is twee tipes skandeerders op die mark vandag:
 
LGT's, ook bekend onder hulle Engelse naam, CCD ("Charge Coupled Device") gebruik gewoonlik 'n neonlig as ligbron. Dit neem 'n rukkie voor die neonlig sy werkstemperatuur bereik, dus moet die skandeerder wag totdat die buislig 'n rukkie aangeskakel was. Indien enige skandeerwerk voor die tyd gedoen word kan dit tot kleurverskuiwings op die geskandeerde beeld lei. Die optimale kleur word ingestel op die skandeerder sagteware.
 
=== LUD (Lig uitstralende diodes) ===
Hierdie skandeerder se ligbron word deur wit [[LUD]]'s voorsien. Hierdie koue lig word deur 'n [[halfgeleier]] gelewer, wat ook onmiddellik die volle werkstemperatuur bereik om 'n stabiele ligbron te verskaf.
 
Die kwaliteit van die skandeerde uitset is direk afhanklik van die kwaliteit van die oorspronklike inset, die kwaliteit van die skandeerder en die vaardigheid van die sagteware asook die van die bediener. 'n Skandeerde foto van 300 dpi is tans redelik standaard, maar vir vergrotings sal mens graag 600 dpi en hoër gebruik. Die verskil is egter nie 'n tweevoudige, maar wel 'n viervoudige toename in data, omdat die prent se lengte en breedte met 'n hoër oplossing (dpi) geskandeer word.
 
=== Kwaliteit ===
Die resolusie van die skandeerwerk stem direk ooreen met die doel waarvoor dit aangewend word.
* '''Drukwerk''' (gewoonweg 300dpi of 600dpi, gebruiklik is ook 1200dpi - 2400dpi, vir titelblaaie van glanstydskrifte)
400 691

wysigings

Navigasie-keuseskerm