Verskil tussen weergawes van "Toastmasters International"

Jump to navigation Jump to search
k
== Kwalifikasies ==
 
Die kwalifikasies van Toastmasters Internasionaal geniet wêreldwyd erkenning. Die program bied twee bane van ontwikkeling wat gelyktydig gevolg kan deur lede nl. 'n kommunikasie baan en 'n leierskap baan. Wanneer 'n lid aansluit ontvang die lid 'n kommunikasiehandleiding en 'n leierskapshandleiding. Die tempo waarteen 'n lid werk hang af van die lid self en word nie voorgeskryf nie. Die program is selfaangedrewe en verwag dat mense hulle eie innerlike motivering gebruik om deur die program te werk.
 
=== Kommunikasie vaardighede ===
Kommunikasievaardighede word ontwikkel binne 'n klub konteks. Die klub hou 'n vergadering wat gebasseer is op drie pilare:
2) Onvoorbereide toesprake
3) Evaluasies van voorbereide toesprake
 
==== Voorbereide toesprake ====
'n Lid word gesertifiseer as 'n "Bekwame kommunikeerder" nadat die lid deur die eerste basiese kommunikasiehandleiding gewerk het. Die basiese kommunikasiehandleiding bestaan uit tien opdragte wat uitgevoer moet word deur die lid. Elke opdrag spesifiseer die vereistes waaraan voldoen moet word deur die spreker ten einde te bevestig dat gespesifiseerde kommunikasievaardighede suksesvol bemeester is. Die opdrag moet binne 'n voorgeskrewe tyd voltooi word. Die meeste opdragte in die basiese kommunikasiehandleiding vereis 'n toespraak van tussen 5 en 7 minute. Verskeie vaardighede word gedek soos bv: die stukturering van 'n boodskap, handgebare, aanvullingsmateriale, stemvariasie ens. Na die voltooiing van 'n opdrag kry die lid terugvoer van 'n medelid waarin gekyk word of die lid die gestelde doelwitte bereik het en word kommunikasievaardighede geidentifiseer waaraan die lid kan werk vir verbetering.
Nadat 'n lid gekwalifiseer het as 'n Bekwame kommunikeerder kan die lid begin werk aan 'n stel gevorderede handleidings. Daar is seventien gevorderde handleidings wat spesialis vaardighede ontwikkel en sluit in handleidings oor humoristiese toesprake, toesprake van bestuur, kommunikasie op televisie, interpreterende lees ens. Die tydsduur van gevorderde voorbereide toesprake wissel van kort opdragte soos 'n heildronk wat 3minute duur tot die begeleiding van paneelbesprekings wat tot 'n uur in beslag mag neem. 'n Lid kies self watter gevorderde handleiding hy/sy wil aanpak. Elke gevorderde handleiding bevat vyf opdragte wat deur die lid uitgevoer moet word. Na voltooiing van twee gevorderde handleidings word 'n lid gesertifiseer as 'n "Gevorderde kommunikeerder - Brons", na 'n verdere twee gevorderede handleidings as 'n "Gevorderde kommunikeerder - Silver en na nog twee gevorderde handleidings as 'n "Gevorderde kommunikeerder - Goud". 'n Lid bereik dus 'n Gevorderde kommunikeerder - Goud status na die suksesvolle aflewering van 40 toesprake.
 
==== Onvoorbereide toesprake ====
Daar word gereeld voorsiening gemaak in 'n klub se byeenkomste vir onvoorbereide toesprake. Gewoonlik word 'n onderwerp gegee op die aand en moet die lid vir 1 tot 2 minute toespraak lewer oor die onderwerp. Die doel is om die vaardighede wat aangeleer word tydens voorbereide toesprake ook te kan aanwend as onvoorbereid gekommunikeer word. Hierdie vaardigheid is nodig vir die menig male wat persone sonder voorbereiding in die werksplek of in 'n sosiale konteks 'n mening moet lig.
==== Evaluasies ====
Alle lede word geleer om opbouende en tog duidelike terugvoer te gee. 'n Evaluasie word gegee deur 'n lid nadat 'n ander lid 'n voorbereide toespraak gelewer het. Die evalueerder het dit ten doel om aan die lid oor te dra watter kommunikasievaardighede bemeester is en uit te lig watter kommunikasievaardighede nog bemeester moet word. 'n Evaluasie is gewoonlike ongeveer 3 minute of langer na aanleiding van die tydsduur van die toespraak wat gelewer is.
 
== Bronnelys ==
1 359

wysigings

Navigasie-keuseskerm