Staat van Hatay
Voorkoms
| ||||
Volkslied: İstiklâl Marşı (Turks vir: "Onafhanklikheidsmars") | ||||
Hoofstad | Antakya 36°12′N 36°9′O / 36.200°N 36.150°O | |||
Taal/Tale | Turks (amptelik), Frans (tweede), Arabies | |||
Regering | Republiek | |||
President | Tayfur Sökmen | |||
Eerste Minister | Abdurrahman Melek | |||
Historiese tydperk | Tussen-oorlogse tydperk | |||
- Onafhanklikheid | 7 September 1938 | |||
- Unie met Turkye | 29 Junie 1939 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1938 | 4 700 km2 1 815 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1938 skatting | 234 379 | |||
Digtheid | 49,9 /km² 129,2 /sq mi | |||
Geldeenheid | Turkse lira |
Die Staat van Hatay (Turks: Hatay Devleti, Frans: État du Hatay, Arabies: دولة خطاي Dawlat Hatay), ook bekend as die Republiek van Hatay, was ‘n kortstondige politieke entiteit wat tussen 7 September 1938 en 29 Junie 1939 in die gebied van die Sandjak van Alexandretta in die Franse Mandaat van Sirië bestaan het, waarna die wetgewende vergadering gestem het om dit by Turkye te voeg. Die staat is de jure op 7 Julie 1939 in die Hatay-provinsie verander en is de facto op 23 Julie 1939 met Turkye verenig.