Stan Christodoulou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Stanley Christodoulou
Gebore 31 Januarie 1944
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Boksskeidregter en -beoordelaar
Bekend vir Eerste skeidsregter om al die gewigskategorieë te beoordeel

Stan Christodoulou (Grieks: Χριστοδούλου) is 'n Suid-Afrikaanse boksskeidregter en -beoordelaar. Hy was wêreldwyd reeds by meer as 7 500 boksgevegte betrokke.[1] Hy het sy boksloopbaan in 1963 begin en sy eerste wêreldtitel-boksgeveg in 1973 beoordeel, toe Romeo Anaya en Arnold Taylor vir die wêreld-bantamgewigtitel geveg het.[2]

Christodoulou is op 13 Junie 2004 in Canastota, New York in die Internasionale Heldesaal vir Boksers vereer. Hy was die eerste man wat wêreldtitelgevegte in al 17 gewigskategorieë beoordeel het, en die derde om 100 wêreldtitel-gevegte te beheer. Christodoulou het as uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Beheerraad vir Boks gedien en is twee keer as Suid-Afrikaanse Boks se Man van die Jaar benoem.

Van die noemenswaardige gevegte waarvoor hy as skeidsregter opgetree het, is:

  • Thomas Hearns teen Pipino Cuevas
  • Aaron Pryor teen Alexis Argüello (eerste geveg)
  • Marvin Hagler teen Roberto Durán

Verwysings[wysig | wysig bron]