1946
Voorkoms
1946 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1941 | 1942 | 1943 | 1944 | 1945 | ◄ 1946 ► | 1947 | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1946 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Verenigde Nasies se hoofkwartier | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1946 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 46ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 10 Januarie – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is verteenwoordig.
- 1 Februarie – Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies tot die eerste VN-sekretaris-generaal.
- 18 Februarie – In sy eerste konsistorie stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met veel nie-Italiane en geestelikes uit China, Indië en die Midde-Ooste.
- 24 Februarie – Kolonel Juan Perón word vir sy eerste termyn as president van Argentinië verkies.
- 16 April – Die ryk goudveld in die Vrystaatse Goudvelde word op die plaas Geduld ontdek.
- 17 April – Sirië word van Frankryk onafhanklik.
- 18 April – Die Volkebond word ontbind.
- 25 Mei – Jordanië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 4 Julie – Die Filippyne word van die Verenigde State onafhanklik.
- 7 Julie – Moeder Frances Xavier Cabrini word die eerste Amerikaner wat heilig verklaar word deur die Rooms-Katolieke Kerk.
- 24 September – Die lugredery Cathay Pacific word in Hongkong gestig.
- 1 Oktober – Die Neurenberg-verhore kom tot 'n einde.
- 9 November – Die skip SS City of Lincoln strand by Quoin Point naby die Overberg.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en berugte bankrower († 1984).
- 5 Januarie – Diane Keaton, Amerikaanse aktrise, regisseur, draaiboekskryfster en vervaardiger.
- 6 Januarie – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het († 2006).
- 8 Januarie – Whitey Basson, Suid-Afrikaanse sakeman en miljardêr.
- 11 Januarie – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022).
- 18 Januarie – Jakes Gerwel, akademikus, politikus en sakeman († 2012).
- 19 Januarie – Julian Barnes, Engelse skrywer.
- 19 Januarie – Dolly Parton, Amerikaanse sanger en aktrise.
- 23 Januarie – Boris Berezovsky, Russiese oligarg en invloedryke († 2013).
- 30 Januarie – Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het († 2024).
- 31 Januarie – Stan Christodoulou, Suid-Afrikaanse boksskeidsregter.
- 31 Januarie – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg († 2024).
- 5 Februarie – Charlotte Rampling, Engelse aktrise.
- 21 Februarie – Alan Rickman, Britse akteur († 2016).
- 4 Maart – Diane Broeckhoven, Vlaamse skryfster.
- 5 Maart – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant.
- 5 Maart – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer († 2014).
- 5 Maart – Martin van Creveld, Israeliese militêre historikus en teoretikus.
- 10 Maart – Peter Temple, Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2018).
- 13 April – Ds. Frans Maritz, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en leier in die Sinode van Midde-Afrika († 2003).
- 18 April – Hayley Mills, Britse aktrise.
- 19 April – Leon Wessels, Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, en blanke aktivis.
- 19 April – Tim Curry, Britse akteur en sanger.
- 25 April – Talia Shire, Amerikaanse aktrise.
- 27 April – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter († 2017).
- 29 April – John Waters, Amerikaanse filmregiseur.
- 30 April – Koning Carl XVI Gustaf van Swede van Swede.
- 2 Mei – David Suchet, Engelse verhoog- en televisieakteur.
- 2 Mei – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres († 2015).
- 10 Mei – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer ((† 2023).
- 22 Mei – George Best, Noord-Ierse sokkerspeler († 2005).
- 2 Junie ̠– Peter Sutcliffe Britse reeksmoordenaar († 2020).
- 7 Junie – Jan Engelen, Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur († 2018).
- 14 Junie – Donald Trump, 45ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 15 Junie – Demis Roussos, Griekse sanger († 2015).
- 24 Junie – Ellison Onizuka, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 30 Junie – Serge-Henri Valcke, Belgiese akteur.
- 6 Julie – George W. Bush, 43ste President van die Verenigde State.
- 6 Julie – Peter Singer, Australiese morele filosoof.
- 10 Julie – Emma Huismans, Afrikaanse skrywer.
- 19 Julie – Lucas Malan, Afrikaanse digter († 2010).
- 22 Julie – Mireille Mathieu, Franse sangeres.
- 29 Julie – Stig Blomqvist, voormalige Sweedse kampioentydrenjaer.
- 5 Augustus – Loni Anderson, Amerikaanse aktrise.
- 17 Augustus – Hugh Baiocchi, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 19 Augustus – Bill Clinton, 42ste President van die Verenigde State.
- 19 Augustus – Elma Potgieter, Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en taalpraktisyn.
- 20 Augustus – Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer († 2018).
- 24 Augustus – Ray Moore, voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 5 September – Freddie Mercury, Britse musikant en die hoofsanger van die rockgroep Queen († 1991).
- 9 September – Aleksander Doba, Poolse kajakvaarder wat veral bekend was vir sy lang reise wat oseane oorsteek († 2021).
- 15 September – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder († 2024).
- 28 September – Roelof Temmingh, Suid-Afrikaanse komponis († 2012).
- 30 September – George Ballot, Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur († 2023).
- 6 Oktober – Tony Greig, Suid-Afrikaansgebore Engelse krieketspeler († 2012).
- 12 Oktober – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur († 1990).
- 20 Oktober – Elfriede Jelinek, Oostenrykse skryfster en wenner van die Nobelprys vir Literatuur in 2004.
- 29 Oktober – John Williams, Suid-Afrikaanse rugbyafrigter († 2024).
- 2 November – Giuseppe Sinopoli, Italiaanse komponis, arts en antropoloog († 2001).
- 30 November – Marina Abramović, Serwiëse kunstenaar.
- 1 Desember – Rudolf Buchbinder, Oostenrykse pianis.
- 12 Desember – Emerson Fittipaldi, voormalige Brasiliaanse renjaer.
- 14 Desember – Jane Birkin, Engelse aktrise († 2023).
- 18 Desember – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die Swart bewussynsbeweging sterf in polisie-aanhouding († 1977).
- 23 Desember – Susan Lucci, Amerikaanse aktrise.
- 25 Desember – Jimmy Buffett, Amerikaanse sanger ("Margaritaville") († 2023).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 8 Januarie – Dion Fortune, Walliese skryfster en okkultis (* 1890)
- 23 Januarie – Morris Alexander, lid van die Suid-Afrikaanse Volksraad vir Kaapstad-Kasteel (* 1877).
- 4 Februarie – Herbert Baker, Britse argitek (* 1862).
- 5 Februarie – George Arliss, Britse akteur (* 1868).
- 11 Februarie – John Langalibalele Dube, 'n Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter (* 1871)
- 10 Maart – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland (* 1869).
- 12 Maart – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus (* 1897).
- 1 April – Lionel Royce, Oostenrykse - Amerikaanse akteur (* 1891).
- 3 April – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger (* 1887).
- 13 April – William Henry Bell, Suid-Afrikaanse komponis (* 1873).
- 21 April – John Maynard Keynes, Britse ekonoom (* 1883).
- 27 Mei – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies (* 1907).
- 23 Junie – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms (* 1872).
- 1 Julie – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland (* 1880)
- 5 Augustus – Wilhelm Marx, Duitse politikus en rykskanselier (* 1863).
- 13 Augustus – H.G. Wells, outeur van The Time Machine en The shape of things to come (* 1866).
- 15 Oktober – Hermann Göring, 'n Duitse politieke en militêre leier (* 1893)
- 16 Oktober – Alfred Jodl, Duitse generaal (* 1890).
- 16 Oktober – Arthur Seyss-Inquart, 'n Oostenrykse Nazi-politikus (* 1892).
- 16 Oktober – Wilhelm Keitel, 'n Duitse veldmaarskalk (* 1882).