Stoomskoonmaker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Stoomskoonmaker in aksie
Kommersiële skoonmaakdienste gebruik stoomskoonmakers om tapyte skoon te maak

'n Stoomskoonmaker is 'n huishoudelike of industriële toestel waarin water tot stoom verhit en uit 'n tuit uitgeblaas word om hittebestande oppervlakke soos teëls op 'n doeltreffende manier en sonder chemiese skoonmaakmiddels skoon te maak. Die kombinasie van warm waterstoom en stoomdruk verwyder vuilheid soos vet of kalk van oppervlakke.

Om ongevalle te vermy lewer stoomskoonmakers vir huisgebruik waterstoom teen temperature van tussen 100 en 150 °C en relatief lae druk sodat meubels en ander voorwerpe nie beskadig word nie. Stoomskoonmakers vir industriële gebruik word dikwels van 'n bykomende pomp voorsien, en die stoom word hier teen 'n hoër druk en teen hoër temperature van meer as 300 °C gelewer.

Vervaardigers bied 'n groot verskeidenheid toebehore vir huishoudelike stoomskoonmakers aan. So kan 'n stoomskoonmaker byvoorbeeld van spesiale roterende borsels voorsien of met 'n stoomstrykyster gekoppel word.