Gaan na inhoud

Stormsrivierpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stormsrivierpas
Ligging Oos-Kaap, naby Stormsrivier
Ingenieur Thomas Bain
Begin in 1879
Voltooi in 1885

Die Stormsrivierpas is 'n bergpas wat deur die Stormsrivier-ravyn loop. Dit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika geleë. Die dorpie Stormsrivier is naby die pas.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die pas is gebou deur Thomas Bain; hy het die pas saam met die Bloukranspas en Grootrivierpas gebou as een projek. Hy het in 1879 begin aan die projek. Die Stormrivierpas is in 1885 voltooi, die laaste van die drie. Op daardie stadium het die N2 deur die pas gegaan. Met die voltooiing van die Groot Stormsrivierbrug in 1964 het die pas in onbruik geraak en kan slegs te voet of met bergfiets besoek word.[1][2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
  2. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. B.P.J. Erasmus ISBN 1-86842-026-4