Tori Amos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tori Amos
Tori Amos-3.jpg
GeboortenaamMyra Ellen Amos
Geboorte22 Augustus 1963 (1963-08-22) (54 jaar oud)
Newton, Noord-Carolina
Beroep(e)Musikant, komponis, sangeres en liriekeskryfster
Genre(s)Alternatiewe rockmusiek
Tipe stemMezzosoprano
Instrument(e)Klavier, klavesimbel, orrel
Aktiewe jare1988 -
EtiketteAtlantic (1988–2001)
Epic (2002–2008)
Rhino (2006)
Universal Republic (2009–)
Webwerftoriamos.com
Portal.svg Musiekportaal

Tori Amos is 'n pianis en sangeres-liedjieskryfster. Sy was een van die eerste van 'n aantal sangeres-liedjieskryfsters wat in die 1990's bekendheid verwerf het en was toe een van 'n handjievol alternatiewe rockkunstenaars wat klavier as haar hoofinstrument gebruik het. Haar liedjies is bekend vir hulle emosionele intensiteit en dek 'n wye spektrum onderwerpe van seksualiteit en geloof tot persoonlike tragedie. Sommige van haar suksesvolste enkelsnitte is Silent All These Years, Crucify, Cornflake Girl, Caught a Light Sneeze, Spark en A Sorta Fairytale

Met die ingang van 2005 het Amos reeds 12 miljoen rekords wêreldwyd verkoop. Sy is bekend vir haar ietwat eksentriese en eienaardige gedrag, veral tydens onderhoude. Sy spreek haarself dikwels uit oor feminisme, geloof en seksualiteit en is die medestigter van RAINN (Rape, Abuse and Incest National Network), een van die grootste instellings teen seksuele teistering in die VSA.