Tsomorivier
Voorkoms
Tsomorivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Groot-Keirivier |
Sytak -links | Zolorivier |
Sytak -regs | Ngcongcolora |
Monding | Groot-Keirivier |
Monding-hoogte | 253 m |
Koördinate: 32°22′0″S 27°49′0″O / 32.36667°S 27.81667°O |
Die Tsomorivier is 'n rivier in die Oos-Kaap in Suid-Afrika.
Dorpe op die oewer van die Tsomorivier sluit in: Tsomo, Kala en Ncora.
Die Ncorhadam is in die Tsomorivier geleë. Die dam is in 1973 voltooi met 'n bakmaat van 181 miljoen m³. Water uit die dam word gebruik om die Ncoravlakte te besproei, 'n oppervlak van sowat 5 600 ha.
Die water van die rivier vloei uiteindelik in die Groot-Keirivier in.
Oorstromings kom gereeld voor en verskeie mense het al in die rivier verdrink. Enkele voorvalle:
- Sewentien al dood in oorstromings in O-Kaap[dooie skakel], Die Burger, 22 Augustus 2002
- Lyke aangery met trekkers ná 22 in busramp sterf[dooie skakel], Die Burger, 16 Februarie 1994