Tulsa Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tulsa Internasionale Lughawe
IATA: TULICAO: KTULFAA: TUL
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar/Militêr
Eienaar Stad Tulsa
Operateur Tulsa Airport Authority
Bedien Noordoostelike Oklahoma
Hoogte bo seevlak 677 vt / 206 m
Webtuiste http://www.tulsaairports.com/
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
18L/36R 9,999 3,048 Beton
18R/36L 6,101 1,860 Teer
8/26 7,376 2,248 Beton
Statistieke (2009, 2011)
Lugbewegings (2009) 116 580
Vliegtuie hier gebaseer (2009) 167
Passasiers (2011) 2 794 469
Bron: Federale Lugvaartadministrasie
Tulsa Lughawe[1]

Tulsa Internasionale Lughawe (IATA-kode: TUL, ICAO: KTUL, FAA: TUL) is 'n burgerlike-militêre lughawe in stadsbesit, 8 km noord van die middestad van Tulsa, in Tulsa County, Oklahoma, Verenigde State van Amerika. Die lughawe is Tulsa Munisipale Lughawe genoem toe die stad dit bekom het in 1929,[2] maar dra sy huidige naam sedert 1963.

Die 138ste vegtervleuel van die Amerikaanse Nasionale Lugwag is gebaseer op die mede-geleë Tulsa Air National Guard Base.[3]

Die lughawe is die onderhoudshoofkwartier vir American Airlines.[4]

Verskeie burgermageskaders vergader by die Oklahoma Air National Guard Base op die noordoostekant van die veld. Daarbenewens is twee Civil Air Patrol-vliegtuie gebaseer op Tulsa, 'n Cessna 172 en 'n Cessna 182.

Verwysings[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.