Tutusius umlambo
Voorkoms
Tutusius umlambo | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | Tetrapoda
|
Genus: | Tutusius
|
Binomiale naam | |
Tutusius umlambo Gress en Ahlberg 2018
|
Tutusius umlambo is 'n vroeë Tetrapoda uit die Devoon (~360 miljoen jaar) wat in 2018 deur Rob Gess naby Grahamstad op die Waterloo-plaas gevind en saam met Per Ahlberg uit Swede beskryf is.[1]
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die naam Tutusius verwys na emeritus aartsbiskop Desmond Tutu; die spesienaam umlambo is Xhosa vir rivier.
Betekenis van die vonds
[wysig | wysig bron]Tutusius is saam met 'n ander Tetrapoda, Umzantsia amazana, gevind op 'n terrein wat opmerklik is omdat dit in die Devoontydperk op sowat 70 grade Suid, binne die Antarktiese poolsirkel, geleë was.