USS Nimitz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die USS Nimitz (CVN-68).

Die USS Nimitz is 'n kernaangedrewe vliegdekskip van die Amerikaanse Vloot. Hy het sy naam verleen aan die Nimitz-klas vliegdekskepe.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Op 1 Julie 1966 is fondse goedgekeur deur die Amerikaanse Kongres om Nimitz te bou. Daar is beplan vir voltooiing gedurende 1971. Sy kiel is gelê in 1968. Hy is toegerus met slegs twee kernkragreaktors - teenooor die agt van die USS Enterprise. Hy is voltooi en in diens gestel op 3 Mei 1975 teen 'n koste van $1,881 miljard.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Hy verplaas 81 600 ton water - 91 400 ton met vol vrag - en is 332,9 m lank, 76,8 m breed en het 'n diepgang van 13 m. Hy word aangedryf deur twee A4W reaktors wat vier stelle General Electric stoomturbines aandryf. Die turbines lewer 280 000 skeepsperdekrag gesamentlik. Dié krag kan 'n topspoed van 33 knope verseker. Hy dra meer as 90 vliegtuie en helikopters. Vir selfbeskerming is hy toegerus met grond-tot-lugmissiele.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The US War Machine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7