Unicode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Unicode-kenteken

Unicode is 'n internasionale standaard vir die kodering van binêre kodes na grafiese tekens en simbole, vergelykbaar met die ASCII-standaard. Die standaard word onderhoud deur die Unicode-konsortium. In teenstelling met ASCII (slegs Engels) of Latin-1 (slegs Wes-Europese tale) het Unicode ten doel om alle gebruikte skrifte (soos die Griekse alfabet en Sjinese karakters) te ondersteun. Die standaard bevat tans ongeveer 100 000 gestandaardiseerde tekens en ongeveer 900 000 wat vir toekomstig gebruik gereserveerde is.

Die standaard voorsien alle tekens en simbole ("karakters") van alle geskrewe tale met 'n nommer. Die Unicode standaard skryf egter glad nie voor hoe karaters visueel voorgestel moet word nie.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Unicode (kategorie)