Võro
Võro võro kiil | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Estland | |
Gebied: | Suidelike Estland | |
Totale sprekers: | 70 000 | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Oosseefins Suid-Estnies Võro | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Estniese variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | Võro Instituut (semi-amptelik) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | fiu
| |
ISO 639-3: | vro
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Võro taal (Võro: võro kiil, Estnies: võru keel)[1] is 'n taal wat tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie behoort. Dit word tradisioneel as 'n dialek van in die Suid Estniese dialekte groep van die Estniese taal beskou. Võro het egter vandag sy eie literêre taal [2] en onderstreuners streef daarna om amptelike status as outochtone streekstaal van Estland te bewerkstellig. Võro het ongeveer 70 000 sprekers, meestal in Suidoos-Estland in die agt gemeentes van die historiese Võru Graafskap: Karula, Harglõ, Urvastõ, Rõugõ, Kanepi, Põlva, Räpinä en Vahtsõliina. Hierdie gemeentes het tans hulle middelpunt in die Võru en Põlva graafskappe met dele wat strek tot in die Valga en Tartu graafskappe. Sprekers word ook aangetref in die stede Tallinn en Tartu en in ander dele van Estland.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Võro language by Kara D. Brown, Phd at Geargiveer 4 Oktober 2018 op Wayback Machine Indiana University
- ↑ Võru kirjakeele sõnamuutmissüsteem (Inflectional Morphology in the Võro Literary Language) by Sulev Iva, Phd at Tartu University, (English summary pp 144-146)