Variëteit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

’n Variëteit in plantkunde is ’n taksonomiese rang laer as spesie. Soos alle taksonomiese range het variëteit betrekking op ’n taksonomiese groep, dus ’n groep wat vanuit ’n wetenskaplike oogpunt ’n eenheid is. Die term word afgekort as var., vir die Latynse varietas.

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Die term variëteit gaan gewoonlik om ’n wilde plant wat in die natuur ontdek word, en nie een wat deur die mens geteel of geselekteer is vir ’n sekere voorkoms nie. Laasgenoemde word ’n kultivar genoem.

Escobaria vivipara is ’n kaktussoort wat van Kanada tot in Mexiko voorkom. Daar is nege variëteite: die Escobaria vivipara var. arizonica kom in Arizona voor en die Escobaria vivipara var. neo-mexicana in Nieu-Mexiko.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]