Victorialand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
 Kaart van Victorialand se gebied.

Victorialand is 'n streek van Antarktika wat aan die westelike kant van die Rosssee en die Ross ysbank grens, dit strek suidwaarts van sowat 70°30'S tot 78°00'S, en weswaarts van die Rosssee tot die rand van die Antarktiese Plato. Dit is ontdek deur Kaptein James Clark Ross in Januarie 1841 en is vernoem na Koningin Victoria.[1] Die rotsagtige landpunt van Minna Bluff word dikwels beskou as die mees suidelike punt van Victorialand, en skei die Scott Kus na die noorde van die Hillary Kus van die Ross-Afhanklikheid na die suide.

Die streek sluit in reekse van die Transantarktiese Berge en die McMurdo Droë Valleie (die hoogste punt is Abbott Berg in die Noordelike Voetheuwels), en die vlaktes bekend as die Labirint. Vroeë ontdekkingsreisigers van Victorialand sluit in James Clark Ross en Douglas Mawson.[2]

Lys van die Berge van Victorialand[wysig | wysig bron]

  • Berg Brabec
  • Berg Roper

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. GNIS
  2. "Victoria Land". The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition. (2001). Columbia University Press. URL besoek op 2008-01-26.