Gaan na inhoud

Wikimedia-stigting

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Wikimedia)
Die Wikimedia-stigting se logo
In Oktober 2017 het die Wikimedia-stigting sy nuwe kantore op die 16de verdieping van One Montgomery Tower in San Francisco betrek
Raadslede by 2009 se Wikimaniakonferensie in Buenos Aires
Wikimedia-lede:

   Bestaande chapters

   Goedgekeur, maar nog nie gestig nie

   Chapters in beplanningsfase

   Chapters in oorleg

Die Wikimedia-stigting (Engels: Wikimedia Foundation) is die oorkoepelende organisasie van Wikibooks, Wikidata, Wikinews, Wikipedia, Wikiquote, Wikisource, Wikispecies, Wikiversity en WikiWoordeboek. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie, geregistreer volgens die wette van die Amerikaanse deelstaat Florida. Sy huidige hoofkwartier is in die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco geleë.

Ontstaan

[wysig | wysig bron]

Die organisasie word op 20 Junie 2003 amptelik deur Jimmy Wales aangekondig. Die naam "Wikimedia" is uitgedink deur Sheldon Rampton soos op die WikiEN-l-eposlys in Maart 2003 versprei.[1] Daarna word die domeinname wikimedia.org en wikimediafoundation.org vir die stigting deur Wikipedia-gebruiker Daniel Mayer geregistreer.

Donasies

[wysig | wysig bron]

Aangesien Wikimedia 'n nie-winsgewende organisasie is, funksioneer hulle hoofsaaklik van donasies en subsidies. Wikimedia ontvang donasies op hul skenkingsbladsy. Dit is ook moontlik om donasies via PayPal of via outomatiese oorplasings te maak.

Raad van Trustees

[wysig | wysig bron]

Die Raad van Trustees is die administrasie van die Wikimedia-stigting en is aanspreeklik vir beleid ten opsigte van fondsinsameling en die aanwending van die inkomste.[2] Die administrasie bestaan uit sewe lede.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "E-pos van Sheldon Rampton op die WikiEN-l lys, Sondag 16 Maart 2003". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2007. Besoek op 27 Augustus 2008.
  2. Raad van Trustees, wikimediafoundation.org op 28 Desember 2006

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Wikimedia Stigting

Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek

Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia