Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 November
Voorkoms
19 November: Internasionale Mansdag; Wêreldtoiletdag; Bevrydingsdag in Mali (1968).
- 1493 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat op Puerto Rico, 'n eiland wat hy San Juan Bautista noem, land.
- 1846 – Lucas Johannes Meyer, president van die kortstondige Nieuwe Republiek en Boeregeneraal in die Tweede Vryheidsoorlog, word gebore.
- 1917 – Indira Gandhi, eertydse Eerste Minister van Indië, word in Allahabad gebore.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjetmagte onder generaal Georgi Zjoekof begin Operasie Uranus – die omsingeling by die Slag van Stalingrad – wat 'n ommekeer bring aan die verloop van die slag ten gunste van die Sowjetunie.
- 1977 – Die Egiptiese president Anwar Sadat word die eerste Arabiese leier wat 'n amptelike besoek aan Israel aflê.