Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/6 Maart
Voorkoms
6 Maart: Onafhanklikheidsdag in Ghana (1957)
- 1521 – Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
- 1869 – Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese Chemiese Vereniging bekend.
- 1899 – Bayer registreer aspirien as 'n handelsmerk.
- 1957 – Ghana word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1987 – 193 mense aan boord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België, verlaat.