Wilhelm Gliese
Voorkoms
Wilhelm Gliese | |
Gebore | 21 Junie 1915 Goldberg, Duitse Keiserryk (tans Złotoryja, Silesië, Pole) |
---|---|
Oorlede | 12 Junie 1993 (op 77) Heidelberg, Duitsland |
Nasionaliteit | Duitsland |
Vakgebied | Sterrekunde |
Instelling(s) | Astronomisches Rechen-Institut |
Alma mater | Universiteit van Berlyn |
Doktorale promotor(s) | August Kopff |
Bekend vir | Gliese-katalogus |
Beïnvloed deur | Peter van de Kamp |
Invloed op | Hartmut Jahreiß |
Wilhelm Gliese (21 Junie 1915 – 12 Junie 1993) was ’n Duitse sterrekundige wat gespesialiseer het in die bestudering en katalogisering van nabygeleë sterre.
Hy is gebore in Goldberg, nou Złotoryja in Silesië, Pole. Hy is as student aangemoedig om nabygeleë sterre te bestudeer, en hy het dit vir die res van sy lewe gedoen. Hy is veral bekend vir die Gliese-katalogus, ’n lys van sterre wat binne 25 parsek (81,54 ligjare) van die Aarde af lê.