Wilma van der Bijl
Wilma van der Bijl | |
---|---|
Gebore | ~ 1963 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Bekend vir | Mej. SA 1987 |
Kinders | 2 |
Wilma van der Bijl, 'n apteker van beroep, het die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie in 1987 gewen. Sy is 'n perfeksionis en het 'n hoë standaard gedurende haar jaar as Mej. SA gehandhaaf.[1] Daarna het sy vir twee jaar in Duitsland gewoon, waar sy as internasionale model gewerk het. Sy het na Suid-Afrika terugkeer om haar aptekersinternskap te voltooi, en het daarna die Wilma van der Bijl-afrondingskool op die been gebring.[2]
Borskanker is later by haar gediagnoseer, maar sy het dit met chemoterapie oorwin.[3] Sy is die beskermvrou van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.
Wilma is getroud met 'n Griekse sakeman, Ari Tapanlis. Haar twee kinders se name is Alexia en Nikolaos. Deesdae is sy 'n besigheidsvrou en bedryf 'n vulstasie met 'n restaurant, asook ander familiebesighede in Kaapstad.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Mej. SA het 'n 'goeie maat', Die Burger, 30 Mei 1988
- ↑ Nou doen Wilma dit met 'n draffie, Beeld, 23 Julie 1990
- ↑ Chemoterapie soos modelwerk Pruike is uitgeruil om style te vergelyk, Beeld, 11 Junie 2008