Zapoteeks
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Zapoteke.
Zapoteeks Ditze, Dizá, Ditsá, Díidxa záa, Tiits Së | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Meksiko | |
Totale sprekers: | 450 000[1] | |
Taalfamilie: | Otomangue Zapoteeks | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Meksiko | |
Gereguleer deur: | INALI | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Zapoteeks (Ditze, Dizá, Ditsá, Díidxa záa, Tiits Së, letterlik: "taal van die wolke"; Nahuatl: Tzapotēcatlahtōlli, letterlik: "taal van die sapote"; Spaans: zapoteco) is die vierde belangrikste inheemse taal van Meksiko ná Nahuatl, Majaans en Mixteeks met 450 000 sprekers in die Meksikaanse deelstaat Oaxaca en aangrensende deelstate. Zapoteeks word deur die Zapoteke, voorheen een van die Meso-Amerikaanse beskawings, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal in Meksiko.
Zapoteeks vorm 'n dialekkontinuum wat volgens verskeie ramings tussen 38 en 57 dialekte bevat en saam met die naburige Mixteeks tot die taalfamilie Otomangue behoort. As gevolg van die geografiese fragmentering van die taalgebied bestaan sterk uiteenlopende streeksvariante. Zapoteeks is 'n toontaal met 'n werkwoord-onderwerp-voorwerp-volgorde. Die taal is tot die Spaanse verowering in 'n eie glyfiese skrif geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. Hedendaags is die meeste Zapoteke tweetalig met Spaans as tweede taal.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "México: Lenguas indígenas nacionales" (PDF) (in Engels). Instituto Nacional de Lenguas Indígenas. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020. Besoek op 16 November 2018.