Otomangue

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Otomangue
Geografiese
verspreiding:
Hedendaagse Meksiko, voorheen Meso- en Sentraal-Amerika
Genetiese
klassifikasie
:
Amerikaans
 Otomangue
Onderafdelings:
Oto-Pame
Chinantekaans
Supanekaans
Mangue (†)
Popolokaans
Amuzgo
Lenguas otomangueanas.svg

Oorspronklike verspreiding van Otomangue

Otomangue is 'n taalfamilie wat uit sowat 178 tale bestaan en deur 1,5 miljoen Indiane gepraat word. Hulle word oorwegend in die hedendaagse Meksiko gepraat, maar was voorheen oor groot dele van Meso- en Sentraal-Amerika, waarvan veral Costa Rica, Honduras en Nicaragua, versprei.

Hedendaagse verspreiding van Otomangue in Meksiko

Otomangue is na die Oto-Pame-tale, die noordwestelikste tak, en die nou uitgestorwe Mangue-tale, die suidelikste tak in Costa Rica, genoem. Otomangue bestaan uit 8 hooftakke, waarvan Mangue net uitgestorwe tale bevat. Soms word Otomangue in twee hooftakke verdeel, naamlik Wes-Otomangue en Oos-Otomangue.[1]

Otomangue is een van die grootste taalfamilie van die Amerikas volgens aantal sprekers, tale en geografiese verspreiding. Otomangue behoort tot die Meso-Amerikaanse taalgebied, saam met die Majatale, Totonaks-Tepehua, Uto-Asteekse tale, Mixe-Zoque asook geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Mixteeks (480 000) en Zapoteeks (450 000). Albei behoort tot Meksiko se mees gebruikte inheemse tale net na Nahuatl en Majaans.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). “Otomanguean”. Glottolog 3.0. Max Planck Institute for the Science of Human History. URL besoek op 17 November 2018.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (es) Fernández de Miranda, Mariá Teresa; Roberto J. Weitlaner (1961). Sobre Algunas Relaciones de la Familia Mangue. Anthropological Linguistics. 3. pp. 1–99. 
  • (en) Sicoli, Mark A. (2005). "Oto-Manguean languages". In Philipp Strazny. Encyclopedia of Linguistics. New York: Fitzroy Dearborn. pp. 797–800. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Taalfamilies
 Afro-Asiatiese tale Austronesiese tale Kartweliese tale Niger-Kongo-tale Sino-Tibettaanse tale
 Altaïese tale Drawidiese tale Khoisan-tale Nilo-Sahariese tale Tai-Kadai-tale
 Amerindiese tale Eskimo-Aleoetiese tale Majatale Oeraalse tale Turkse tale
 Austro-Asiatiese tale Indo-Europese tale Na-Dené-tale Papoea-tale Uto-Asteekse tale
 Gebaretale Geïsoleerde tale Kreools Kunsmatige tale Pidgin