Zykaïet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Zykaïet of zýkaïet is 'n gryswit mineraal wat bestaan uit arseen, waterstof, yster, swael en suurstof met 'n formule: Fe3+4(AsO4)3(SO4)(OH)·15(H2O).[1]

Hierdie dowwe mineraal is baie sag met 'n Mohs-hardheid van slegs 2 en 'n relatiewe digtheid van 2,5. Dit is deurskynend en kristalliseer in die ortorombiese kristalstelsel.[2] Algemeen geassosieerde minerale sluit limoniet, gips, skorodiet, kwarts en arsenopiriet in.[2]

Dit word aangetref in die Tsjeggiese Republiek, Pole en Duitsland.[2] Zykaïet is die eerste keer in 1978 beskryf vir 'n voorkoms in die Safary-myn, Kutná Hora, Bohemen, Tsjeggië en is vernoem ter ere van Vaclav Zyka (gebore 1926), 'n Tsjeggiese geochemikus.[2][3]

Verwysings[wysig | wysig bron]