Kwarts

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kwarts
Siim Sepp-Quartz 2005.jpg  
Kwartskristal, met die lyne loodreg op die lang as van die kristal duidelik sigbaar. 
Formule SiO2 
Onsuiwerhede H, Al, Li, Ti, Fe, Na, Mg, Ge[1] 
Nickel-Strunz (10) 4.DA.05  
Kleur Kleurloos, pers, pienk, wit ens. 
Streep Wit 
Glans Glasagtig 
Hardheid 7 (Mohs) 
Optiese eienskappe 
Dubbelbreking eenassig (+) 
RI-waardes nω = 1.543 – 1.545 nε = 1.552 – 1.554 
Kristallografie 
Fase Laetemperatuur α-kwarts T<573 °C 
Kristalsisteem Heksagonaal 
Ruimtegroep P3₁21 of P3₂21 
Eenheidsel a = 4.9133 Å, c = 5.4053 Å 
A-quartz.png 
Fase Hoëtemperatuur β-kwarts T>573 °C 
Ruimtegroep P6₂22 
Strukturbericht-kode C8 
Beta-quartz-CM-2D-balls.png
* Lys van minerale

Kwarts is 'n mineraal met die chemiese samestelling van SiO2. Saam met die mineraalgroep van die veldspate (met verskeie minerale in hierdie groep), is dit die volopste mineraal in die aardkors. Kwarts is chemies en meganies stabiel by atmosferiese temperatuur en druk, en verweer dus nie vinnig op die aardkors nie, en dan meestal deur meganiese verwering. Dit is die rede dat sand grootliks uit kwartskorrels bestaan.

SiO2.svg

Hierdie stof vorm 'n deel van die tektosilikate en elke silikonatoom word deur 4 suurstofatome omring. In teenstelling tot die nesosilikate wat aparte (SiO4)4−-ione bevat, vorm die SiO4-eenhede in tektosilikate 'n 3-dimensionele raamwerk. Elke suurstofatoom word tussen twee silikon-bure gedeel. Hierdie deling van die suurstofatome is die rede dat die kwarts-mineraal 'n chemiese formule van SiO2 het, en nie SiO4 nie. Elke been van die silikon-tetraëder is aan 'n suurstofatoom verbind, met die gevolg dat twee silikonatome nooit aan mekaar verbind is in die kwarts-mineraal nie.

Kristalstruktuur[wysig | wysig bron]

Kwarts het 'n onder 573 °C 'n trigonale α-kristalstruktuur, met kenmerkende lyne wat op die 6 sye van die kristal gesien kan word. Hierdie lyne is altyd loodreg met die lang as van die kwartskristal. In sommige winkels word kwartskristalle met perfekte gladde sye ten duurste verkoop, maar in hierdie gevalle is dit of geslypte kristalle, of gesnyde glas, aangesien natuurlike kristalle altyd hierdie lyne het.

Quartz left handed.jpg Quartz right handed.jpg

Die laetemperatuursvorm α-kwarts bevat Si-O-Si-O-Si kettings wat 'n drietallige skroefas volg. Dit kan links- of regsdraaiend wees, soos 'n linker- of 'n regterhand en kristalle kan in twee vorme aangetref word, wat mekaar se spieëlbeeld is. Hulle het verskillende ruimtegroepe: P3₁21 of P3₂21.

Bo 573 °C gaan kwarts oor in die β-vorm wat 'n hoër heksagonale simmetrie het met ruimtegroep P6₂22. By afkoeling keer die kristal skielik terug na die trigonale vorm. Die β-vorm is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C8-struktuur.

SiO2 word in talle ander allotrope aangetref. Van die allotrope kom ook as minerale voor soos tridimiet, christobaliet, stishoviet ens.

Kwarts kom nie altyd as kristalle voor nie, maar kan as 'n massa mikroskopiese kristalle voorkom, en word kriptokristallyne kwarts genoem.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Kwarts is 'n relatiewe harde mineraal, en is nommer sewe op Mohs se hardheidskaal. Dit is chemies stabiel onder atmosferiese temperatuur en druk toestande.

Minerale[wysig | wysig bron]

Verskeie minerale van kwarts kan gevind word, maar is slegs kleurvariasies van die mineraal kwarts, en dus dieselfde mineraal.

Voorbeelde hiervan word hieronder gelys.

Galery[wysig | wysig bron]

Kriptokristallyne Kwarts[wysig | wysig bron]

Agaat.

Gebruike[wysig | wysig bron]

Kwartsryke sande word in die bou-industrie gebruik, terwyl suiwer kwarts een van die hoofbestanddele van glas is.

Kwartskristalle is baie gewild onder mineraalversamelaars, en kan ook geslyp word vir gebruik as halfedelstene. Wanneer die kwartskristalle as geodes voorkom, word dit dikwels as ornamente soos boekstutte ens. gebruik. Die kriptokristallyne kwart word geslyp as cabochons, en as juweliersware gebruik.

Verwysings[wysig | wysig bron]