Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Alba Bouwer-prys vir Kinderliteratuur is 'n letterkundige prys wat sedert 1989 driejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan die beste van die Afrikaanse letterkundige werk in die kategorie kinderliteratuur -- dit wil sê die groep lesers vanaf sewe tot twaalf jaar -- wat in die vorige drie kalenderjare gepubliseer is. Die Akademie hou die reg voor om geen wenners aan te wys nie. Wanneer 'n vertaalde werk en 'n oorspronklike werk van gelykstaande gehalte is, word voorkeur aan die oorspronklike werk verleen, maar wanneer twee of meer oorspronklike werk as gelykstaande beskou word, kan daar meer as een wenner in 'n jaar wees. Dieselfde skrywer mag die prys meer as een keer ontvang.

Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster Alba Bouwer.

Lys van wenners[wysig]

1989 - Freda Linde (Strepie en Kurfie)

1992 - Barrie Hough (Droomwa); Marietjie de Jongh (Braam en die engel)

1995 - Corlia Fourie (Die towersak en ander stories en Die wit vlinder)

1998 - Philip de Vos (Moenie 'n mielie kielie nie)

2001 - Martie Preller (Die Balkieboek)

2004 - Leon de Villiers (Droomoog Diepgrawer)

2007 - Jaco Jacobs (Wurms met tamatiesous en ander rympies)

2010 - Linda Rode ((In die Nimmer-Immer-bos) [1][2]

Bron[wysig]

Verwerk vanaf akademie.co.za.

Verwysings[wysig]