Apollo 13

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Apollo 13-wapen bevat drie vlieënde perde, die leuse Ex luna, scientia ("Van die maan, kennis") en die naam van die sending in Romeinse syfers.
Hierdie artikel handel oor die Maansending. Daar is ook 'n film met die naam Apollo 13.

Apollo 13 was 'n Amerikaanse ruimtesending, deel van die Apollo program. Dit was veronderstel om die derde sending te wees om op die Maan te land,

Die vaartuig is gelanseer om 13:13 (CST) op 11 April 1970 vanaf Kennedy Ruimtesentrum, Florida, maar die maanlanding moes afgestel word nadat 'n suurstoftenk aan die tuig op die tweede dag van die reis ontplof het.

Ten spyte van erge ontbering veroorsaak deur beperkte krag, 'n verlies van kajuithitte, tekort aan drinkwater, en die kritieke behoefte om die koolstofdioksiedverwyderingstelsel tydelik te maak werk, keer die bemanning veilig terug na die Aarde op 17 April.

Details[wysig]

  • Gelanseer: 11 April, 1970 vanaf Kennedy Ruimtesentrum platform 39A
  • Terugkeer: 17 April, 1970
  • Bemanningslede: Jim Lovell, bevelvoerder; Jack Swigert, beheermodule-vlieënier; Fred Haise, maanmodule-vlieënier.
  • Beheermodule: Odyssey
  • Maanmodule: Aquarius
  • Beoogde maanlandingsarea: Fra Mauro hooglande
Voorafgegaan deur :
Apollo 12
Apollo-program Gevolg deur :
Apollo 14