Auloniade

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Auloniades (Grieks: Αὐλωνιάς) was in die Griekse mitologie die nimfe van valleie en grasvelde. Hulle was dikwels in die geselskap van Pan, die god van die natuur.

Eurydice, vir wie Orpheus na die donker Hades gereis het, was ’n Auloniade. Sy het in die vallei van die Thessaliese rivier Pineios gesterf, indirek aan die hand van Aristaios. Aristaios, die seun van die god Apollo en die nimf Sirene, wou Eurydice verkrag. Sy het probeer wegkom sonder om te kyk waar sy hardloop en het op ’n giftige slang getrap.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
Nimfe in die Griekse mitologie
Landnimfe  AlseïdesAuloniadesAigleArethusaErytheiaHesperidesLeimakidesNapaiasOreades
Boomnimfe  DriadesHamadriadesEpimeliadesLeuceMeliai
Waternimfe  HeleadesMaiaNaiadesKrinaiasEleionomaiHiadesLimnadesPegaiasPotameïdesKorikiaanse nimfeNereïdesOkeaniede
Ander  LampadesMusesNephelaiPlejades