Avusa Media Limited

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Avusa Media Limited (sedert 20 November 2007), voorheen Johnnic Publishing, wat vroeër bekend gestaan het as Times Media Limited, is 'n Suid-Afrikaanse uitgewer van koerante en tydskrifte. Die maatskappy is 'n volfiliaal van Jonnic Communications, wat op sy beurt aan Johnnic Holdings behoort.

Die ontstaan van wat vandag Avusa Media Limited is, kan teruggespoor word tot 1902 met die stigting van Rand Daily Mail deur Henry Freeman Cohen, met Edgar Wallace as eerste redakteur. Die mynmagnaat Abe Bailey het die Rand Daily Mail in 1902 gekoop en die Sunday Express in 1937 tot sy stal toegevoeg. In die jare veertig het die maatskappy wat die Rand Daily Mail en Sunday Express uitgegee het die Sunday Express Limited geword. Die maatskappy het gee ook die Sunday Times (sedert 1906) uit, wat ontstaan het uit die Rand Daily Mail toe die dagblad se infrastruktuur en personeel gebruik is om die Sondagkoerant teen 'n laer koste uit te gee. Die Sunday Times se drukoplaag was aanvanklik 15 000, maar vandag is dit die grootste weekblad in Suid-Afrika met 'n verkoopte sirkulasie van meer as 500 000.

Uit dié drie koerante het die South African Associated Newspapers in 1965 ontstaan. Dié maatskappy het in die jare tagtig Times Media Limited geword.

Vernaamste koerante[wysig]

Vernaamste tydskrifte[wysig]

  • South African Home Owner
  • Longevity
  • Elle
  • SoccerLife
  • Top Huis
  • Avocado/Avokado
  • Computing SA
  • SA Mining

Ander bekende handelsmerke[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]