Abe Bailey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karikatuur van Abe Bailey.

Sir Abe Bailey (Cradock, 6 November 1864 - Muizenberg, Kaapstad, 10 Augustus 1940) was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat.

Hy bring sy kinderjare op Cradock in die Oos-Kaap deur, maar verhuis in 1896 na Johannesburg waar hy lid word van die Reform Committee en na die Jameson-inval word hy aangehou weens hoogverraad. Hy word vrygelaat nadat hy 'n boete van £2 000 betaal. In 1899 dien hy in die Anglo-Boereoorlog as inligtingsbeampte onder lord Roberts. In 1900 organiseer hy die S.A. Light Horse wat hy grotendeels self befonds. In 1902 word hy as lid van die Progressiewe Party verkies tot lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering vir Barkly-Wes. In 1906 gaan hy na Engeland as lid van die Transvaalse Progressiewe Party om dié party se sienswyse oor die nuwe Transvaalse grondwet aan die Britse regering voor te lê. Hy dien van 1910 tot 1924 as lid van die Unie-Volksraad - en sterf in 1940 in Muizenberg op die Kaapse Skiereiland.

Bronne[wysig]

  • Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad Bloemfontein Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.