Baronvlinder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Baronvlinder
Die Baronvlinder, in 1893 beskryf deur Salvin, na dit deur Baron ontdek is
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Lepidoptera
Familie: Papilionidae
Subfamilie: Baroniinae
Bryk, 1913
Genus: Baronia
Salvin, 1893
Spesie: B. brevicornis
Binomiale naam
Baronia brevicornis
Salvin, 1893

The Baronvlinder (Baronia brevicornis) is 'n soort skoenlapper in die Riddervlinderfamilie. Dit is monotipies (eensoortig) in die genus Baronia, en is endemies aan Meksiko.

Hierdie lokale spesie is van besondere belang weens die relikteaard daarvan en die onsekere verwantskap met ander subfamilies soos die Parnassiinae. Dit word nou beskou as verteenwoordigend van die monotipiese subfamilie Baroniinae, en as die mees primitiewe ekstante papilionid-takson, wat sekere kenmerke deel met die fossieltakson Praepapilio.

Die spesie het 'n beperkte en gefragmenteerde verspreiding in Meksiko.[2][3] Morfologiese kenmerke sluit in 'n abdominale reukorgaan by die wyfies.[4][5] Die Baronvlinder is verder uniek onder die Riddervlinders deurdat dit 'n Acacia-soort as voedselplant benut (Acacia cochliacanha, familie Leguminosae).[6][7]

The genus is vernoem na 'n Mnr. Baron wat die eerste eksemplaar in die Sierra Madre-streek van Meksiko versamel het, waarna die spesie beskryf is deur Salvin.[8]

Verwysings[wysig]

  1. M. Gimenez Dixon (1996). “Baronia brevicornis”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2.3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op July 31, 2007.
  2. Luis-Martinez, A.; J Llorente-Bousquets; Isable Vargas-Fernandez & A D Warren (2003) Biodiversity and biogeography of Mexican butterflies (Lepidoptera: Papilionoidea and Hesperioidea). Proc. Entomol. Soc. Wash. 105(1):209-224 PDF
  3. Llorente-Bousquets, J & A. Luis-Martinez (1993) Conservation-oriented analysis of Mexican butterflies: Papilionidae (Lepidoptera, Papilionoidea). In Ramammorthy, T.P., J. Fa, R. Bye y A. Lot (Eds.). 1993. The biological diversity of Mexico: origins and distributions, Oxford University Press. PDF
  4. Robbins, Robert K. (1989) Systematic implications of butterfly leg structures that clean the antennae. Psyche 96:209-222 Full text
  5. Häuser, C. L. 1992. A new abdominal scent organ in females of Baronia brevicornis (Lepidoptera: Papilionidae). Zoologischer Anzeiger 229(1/2):54-62.
  6. (1985) Threatened Swallowtails of the World:the IUCN red data book, IUCN Protected Area Programme Series. Gland, Switzerland en Cambridge, V.K.: IUCN, 401 bladsye & 8 plate. ISBN 9782880326036. Besoek op 22 Oktober 2010. 
  7. Savela, Marrku (16 Feb 2008). “Baronia”. Lepidoptera and some other life forms. nic.funet.fi. URL besoek op 09 November 2010.
  8. http://www.sil.si.edu/digitalcollections/bca/bca_14_02_00/pdf/bca_14_02_00_740.pdf

Eksterne skakels[wysig]