Baviaanskloofrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Baviaanskloofrivier
Oorsprong Oos van die Klein Karoo
Monding Kougarivier
Stroomgebied Wes- en Oos-Kaap, Suid-Afrika
Lengte 80 km
Monding-hoogte 165 m
Ligging van Baviaanskloofrivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
Baviaanskloofrivier
Baviaanskloofrivier
Koördinate: 33°39′57″S 24°23′30″O Koördinate: 33°39′57″S 24°23′30″O

Die Baviaanskloofrivier is 'n rivier wat deur die Kaapse Plooiberge van die Wes-Kaap vloei tot uiteindelik in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Die rivier se oorsprong is aan die oostekant van die Klein Karoo, en volg 'n vallei tussen die berge ooswaarts. Dit eindig by 'n samevloeiing met die Kougarivier, sowat 80 km van sy oorsprong.

Dit word omring deur die Baviaanskloofberge na die noorde en die Kougaberge in die suide, en dit ontvang talle klein sytakke aan beide kante. Landbou nedersettings langs die rivier sluit Studtis en Sandvlakte in. Die vallei is sowat 35 km noord van die Langkloof, wat vergelykbaar is maar effe groter.

Die Kougarivier, wat deur die Langkloof vloei het die geïsoleerde Baviaanskloofrivier as sy belangrikste sytak. Die Baviaanskloofrivier is deel van die Vis-na-Tsitsikama Waterbestuursgebied.

Baviaan, wat bobbejaan beteken, is 'n vertaling van die rivier se oorspronklike Khoikhoinaam, i Ncwama​​, wat glo ook "bobbejaan" beteken.