Becquerel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Geiger teller word gebruik om radio-aktiwiteit te meet

Die becquerrel is die SI eenheid vir radio-aktiwiteit en het die simbool "Bq". Die naam "becquerel" is in 1975 deur die BIPM te ere van die Franse fisikus Henri Becquerel toegeken. Dit is gedefinieer as die aantal radio-aktiewe disintegrasies per sekonde. Dus het die becquerel die dimensie s-1. Al is die dimensie dieselfde as die dimensie van die SI-eenheid hertz, word die eenheid "hertz" gebruik om gereelde gebeurtenisse te meet, maar 'n radio-aktiewe disintegrasie is 'n ewekansige gebeurtenis.