Beira

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Beira
DF-SD-01-01576.jpg
Ligging van Beira op 'n kaart (Mosambiek)
Beira
Beira
Koördinate: 19°50′S 34°51′O Koördinate: 19°50′S 34°51′O
Land Vlag van Mosambiek Mosambiek
Provinsie Sofala
Bevolking (2007)
 - Stad 436 240
Tydsone SAT (UTC+2)
Beira - 1905

Beira is 'n seehawe en die hoofstad van Mosambiek se Sofala-provinsie aan die mond van die Buzi en Pungué, 725 km Noord-Noordoos van die hoofstad Maputo. Beira is die land se vernaamste hawe.

Die Portugese het Beira in 1506 beset en die stad het tot die onafhanklikheidwording van die land op 25 Junie 1975 die tuiste van 'n Portugese bevolking van sowat 15 000 gebly, van wie die meeste die land in daardie jaar verlaat het. Die geskatte bevolking is tans 520 000. Vóór onafhanklikheid daar was baie Portugese mense in die stad, maar die meeste het sedert die land se onafhanklikwording terug na Portugal of Suid-Afrika getrek.

Ekonomie[wysig]

Die hawe van Beira is ekonomies gesproke die belangrikste deel van die stad. Die hawe is die hoofhawe van Zimbabwe en suid-Malawi (Blantyre), en is die tweede grootste hawe in Mosambiek. Die stad het ook 'n lughawe aan die noorde.