Maputo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Maputo
Maputo-aerial.jpg

Kaart Wapen
Mozambique Provinces Maputo.png
Vlag
Flag of Maputo.png
 Land Flag of Mozambique.svg Mosambiek
 Koördinate 25°54′S 32°34′O
 Stigting 1875
 Oppervlak:  
 - Totaal 300 vk km
 Hoogte bo seevlak -- m
 Bevolking:  
 - Totaal (2005) 1 114 000
 - Bevolkingsdigtheid 3 713/vk km
 Tydsone UTC +2
 - Somertyd --
 President van Stadsraad David Simango
 Amptelike Webwerf --

Maputo (vroeër: Lourenço Marques) is die hoofstad van Mosambiek met 'n oppervlak van 300 vierkante kilometer en 1 114 000 inwoners (2005). Die metropolitanse gebied van Maputo, wat die voorstad Matola insluit, het 'n bevolking van 1 744 000.

Die ekonomie van die stad is hoofsaaklik afhanklik van sy hawe aangesien dit geleë is aan die Indiese Oseaan. Die amptelike bevolking is ongeveer een miljoen, maar dit word gereken as baie hoër indien informele nedersettings in ag geneem word.

Maputo is geleë aan die die westekant van Maputobaai by die mond van die Temberivier. Die baai is 95 km lank en 30 km wyd. Die Maputorivier mond aan die suidelike kant van die baai. Die stad word omring deur Maputo Provinsie, maar word as 'n provinsie op sy eie bestuur.

Toe dit gestig is die einde van die 18de eeu, is die stad vernoem na Lourenço Marques, die Portugese handelaar wat die area eerste verken het in 1544. In 1895 het konstruksie van 'n spoorlyn na Pretoria veroorsaak dat die stad se bevolking aansienlik gegroei het, en Lourenço Marques het uiteindelik die hoofstad van Mosambiek geword. Nadat Mosambiek in 1975 onafhanklikheid ontvang het van Portugal, is die naam van die stad verander na Maputo. Die naam het waarskynlik sy oorsprong by 'n ou berugte stamleier, Maputa, wat eens op 'n tyd die streek regeer het.

Avenida Central in koloniale Lourenço Marques (nou Maputo), omstreeks 1905

Mosambiek se eerste universiteit, Universidade Eduardo Mondlane, is in Maputo. Die stad het ook 'n museum van Mosambiekse geskiedenis, 'n militêre museum, en die Rooms-Katolieke katedraal van Ons Dame van Fatima.

Maputo is 'n beplande stad met vierkantige straatblokke en wye strate, met Portugese argitektoniese invloed uit die 70's. Meeste Portugese het die land verlaat na die onafhanklikheidsoorlog in 1975. Die verlies aan kapitaal en vaardigheid tesame met die afgelope burgeroorlog, het die land in 'n verwaarloosde posisie gelaat. Die stad self is egter nooit vernietig nie aangesien dit as neutrale grond gesien in beide die koloniale en burgeroorlog. Ekonomies kry die stad egter swaar as gevolg van gebrek aan beleggings en wanbestuur deur die regering.

Die strand by Maputo is vernietig deur stortafval in die baai asook seeboerdery deur Russiese oorlogskepe. Die see se toestand blyk wel besig te wees om te verbeter, en daar is hoop dat verbeterde sanitêre maatreëls verandering sal bring binne die volgende paar jaar.

Vandag is Maputo 'n smeltpot van verskeie kulture, met 'n sterk Suid-Afrikaanse invloed. Die kos is 'n kombinasie van Portugese en Moslem-cuisine, en seekos is algemeen.

Ekonomie[wysig]

Maputo beskik oor 'n moderne oseaanhawe, wat onder meer die uitvoer van steenkool, katoen, suiker, chroom, sisal, kopra en hardehout hanteer.

Die plaaslike nywerhede vervaardig sement, potte, meubels, skoene en gomlastiek. Daar is ook 'n aluminiumaanleg, Mozal, en 'n raffinadery.

Die plaaslike sandstrande begin geleidelik meer toeriste lok.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 25°58′S 32°35′O