Blouduiker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Blouduiker
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Subfamilie: Cephalophinae
Genus: Philantomba
Spesie: P. monticola
Binomiale naam
Philantomba monticola
Thunberg, 1789
Sien "Bloubok" vir die artikel oor die uitgestorwe boksoort.'

Die blouduiker of bloubokkie is een van die kleinste van die antiloopsoorte. Hulle kan in beboste gebiede van Sentraal- tot Suider-Afrika aangetref word.

'n Volwasse blouduiker het 'n gemiddelde hoogte van 35 cm. Hulle het klein horinkies op hulle koppe; die langste horings wat al aangeteken is, was 10 cm. Blouduikers vreet hoofsaaklik vrugte, alhoewel hulle ook soms vars blare eet wat na die grond geval het. 'n Blouduiker is 'n skugter dier en sal in die ruigtes duik wanneer hy gesteur word.

Na 'n draagtyd van sewe maande, gee die ooi tussen September en November geboorte aan 'n enkele lammetjie. Blouduikers het 'n moontlike lewensduur van 9 jaar.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008): Philantomba monticola by die IUBN se Rooilys vir bedreigde spesies.
  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Reay H N Smithers, Peter Apps, Clare Abbott, Penny Meakin, Noel Ashton (2008). Smither's Mammals of Southern Africa: A Field Guide. Struik-uitgewers. ISBN 1868725502, 9781868725502