Bloukranspas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloukranspas en die Bloukransrivier.

Die Bloukranspas op die R102 tussen Plettenbergbaai en Humansdorp loop oor die kloof waardeur die Bloukransrivier loop en wat die grens vorm tussen die Oos- en die Wes-Kaapprovinsie. Hier is die rivier ook die oostelike grens van die Tsitsikamma. Die pas is 10 km lank, bereik sy hoogtepunt op 200m bo seespieël en het 'n maksimum helling van 1:7.

Geskiedenis[wysig]

Die pas is gebou deur Thomas Bain. Hy het die pas saam met die Grootrivierpas en Stormsrivierpas gebou as een projek. Die werksaamhede het in 1879 begin en die Bloukranspas is in 1883 voltooi. Dit was die moeilikste van die drie passe om te bou.[1]

N2 Nasionale pad[wysig]

Op daardie stadium het die N2 deur die Bloukranspas gegaan. Eenhonderd jaar na die voltooiing van die pas is die Bloukransrivierbrug voltooi wat die N2 herlei het.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3

Koördinate: 33°57′9″S 23°38′5″O