Blouwildebees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Blouwildebees
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Genus: Connochaetes
Spesie: C. taurinus
Binomiale naam
Connochaetes taurinus
(Burchell, 1823)
██ C. t. taurinus██ C. t. cooksoni██ C. t. johnstoni██ C. t. albojubatus██ C. t. mearnsi
██ C. t. taurinus██ C. t. cooksoni██ C. t. johnstoni██ C. t. albojubatus██ C. t. mearnsi
Subspesies

C. t. taurinus, Blouwildebees of Bridled Gnu
C. t. albojubatus, Oostelike Wit-bebaarde Wildebees
C. t. cooksoni, Cookson's Wildebees
C. t. johnstoni, Nyassaland Wildebees
C. t. mearnsi, Westelike Wit-bebaarde Wildebees

Die Blouwildebees (Connochaetes taurinus) is 'n groot wildsbok wat aangetref word in die Noordelike deel van Transvaal en ooswaarts tot teen die Swazilandgrens, Noord-Natal in Zoeloeland.

Habitat[wysig]

Blouwildebeeste verkies 'n oop boomveld savanne met permanente oop water. Binne hierdie gebied sal hulle voorkom in valleie en teen berghange.

Gewoontes[wysig]

Blouwildebeeste is groeplewend en kom in troppe van 20-30 voor. Tydens periodes van voedselskaarste sal groot samedrommings vorm om te migreer na beter weiveldtoestande.

Die sosiale struktuur bestaan uit territoriale bulle, koeitroppe en bultroppe. Koeitroppe bestaan uit koeie met hul jongste kalwers. Hierdie troppe beweeg deur territoriale bulle se territoriums en gedurende die bronstyd sal die bulle met koeie in estrus paar. Die gemiddelde teeltropgrootte in Oos-Afrika is 10 diere en die tuisgebied is ongeveer 2500ha.

Bultroppe is losser versamelings van volwasse en jong bulle wat uit koeitroppe verdryf is. Die diere bly op die rand van die woongebiede van koeitroppe wat gewoonlik die swakste veld is.

Bouwildebeeste rol hul pels gereeld op sekere areas van hul habitat.

Voedsel[wysig]

Blouwildebeeste is grasvreters en verkies groen, kort gras. Die diere is lief om op pas gebrande veld te beweeg om groen grasspruite te benut.

Voortplanting[wysig]

Bronstyd (paartyd) is gedurende Maart tot Mei met 'n piek kalfseisoen van November tot Desember. Die draagtyd is 8.5 maande, waarna 'n enkele kalf gebore word.

Sien ook[wysig]