Brighton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Brighton
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Ligging van Brighton op 'n kaart (Engeland)
Brighton
Brighton
Koördinate: 50°49′00″N 0°8′00″W Koördinate: 50°49′00″N 0°8′00″W
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Vlag van Engeland Engeland
Graafskap Oos-Sussex
Bevolking
 - Stad 155 919
Tydsone MGT (UTC+00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)

Brighton (uitgespreek /ˈbraɪtən/) is 'n kusdorp in die graafskap Oos-Sussex wat veral vir sy strande bekend staan. Die nedersetting behels die grootste deel van die stad en die unitary authority van Brighton and Hove wat uit die vroeëre nedersettings Brighton, Hove, Portslade en 'n aantal ander dorpe gevorm is.

Brighton het oorspronklik deel uitgemaak van die nie-metropolitanse graafskap Oos-Sussex. Dit maak steeds deel uit van die seremoniële graafskap Oos-Sussex in die historiese graafskap Sussex.

Die historiese nedersetting Brighthelmstone dateer uit die tyd voor die Domesday Book (1086), maar het in die 18de eeu tot 'n gewilde strand- en gesondheidsoord ontwikkel waar onder meer die Prinsregent (die latere koning George IV) ontspan het. Ná die bou van 'n spoorlyn in 1841 het steeds meer Londenaars uitstappies na Brighton onderneem. Die nedersetting se bevolking het vinnig gegroei tot meer as 160 000 in 1961.

Vandag maak Brighton saam met Worthing en Littlehampton deel uit van 'n verstedelikte gebied langs die kus met 'n totale bevolking van sowat 480 000.