Buffelwewer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Buffelwewer
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Ploceidae
Genus: Bubalornis
Spesie: B. niger
Binomiale naam
Bubalornis niger
Smith, 1936

Die Buffelwewer (Bubalornis niger) is 'n algemene standvoël en plaaslike trekvoël in droë boomveld en savanne. Hulle broei in groot, slordige stokkiesneste, elk met 1 -10 broeikamers, in 'n groot boom of kragmas. Sommige mannetjies is poliginies en bou verskeie neste om wyfies te lok. Ander mannetjies vorm koalisies en help die kleintjies grootmaak. Die voël is 21 - 24 cm groot en weeg 64 - 92 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed Buffalo Weaver.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Bubalornis niger”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.