Demokratiese Party

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Demokratiese Party
DP
Leier Zach de Beer
Tony Leon
Gestig 1989
Samesmelting van Progressiewe Federale Party, Onafhanklike Party, Nasionale Demokratiese Beweging
Ideologie Liberalisme
Helen Suzman was op een na 'n parlementslid van al die voorgangers van die DP, te wete die Verenigde Party, Progressiewe Party, die Progressiewe Reformiste Party en die Progressiewe Federale Party, maar nie die Suid-Afrikaanse Party nie.

Die Demokratiese Party is die voorganger van die huidige amptelike opposisie in die Suid-Afrikase parlement, die Demokratiese Alliansie.

Die party is op 8 April 1989 gestig en was 'n samesmelting van die Progressiewe Federale Party, die Onafhanklike Party van dr. Denis Worrall en die Nasionale Demokratiese Beweging van Wynand Malan. Hulle was aanvanklik die leiers van die party saam met dr. Zach de Beer, tot hy uiteindelik alleenleier geword het. Die party het vriend en vyand verras deur 33 setels in die verkiesing van 6 September 1989 te wen nadat selfs goedgesinde ontleders die party se kans om betekenisvolle steun te verwerf, onderskat het.

Die party het aan die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika deelgeneem en met sy 1,7% steun sewe setels in die parlement gekry, onder meer Tony Leon, Ken Andrew en Colin Eglin. Die tweede en laaste leier was Tony Leon, wat die party gelei het tydens die samesmelting met die Nuwe Nasionale Party, toe dit die Demokratiese Alliansie geword het.