Donis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Donis
Oorsprong Klaipėda, Litaue
Genre(s) Ambient-, neofolk- en eksperimentele musiek
Instrument(e) Birbynė, švilpynė, lumzdelis
Aktiewe jare 1998 - hede
Uitgewer(s) Dangus
Webwerf www.donis.lt
Lede Donatas Bielkauskas
Assosiasies Ha Lela, Wejdas, Notanga, Eirimė
Portal.svg Musiekportaal

Donis is 'n Litause musiekprojek wat deur die multi-instrumentalis Donatas Bielkauskas, 'n boorling van Klaipėda, in die lewe geroep is en hom op ambient-, neofolk- en eksperimentele musiek toespits. Donatas Bielkauskas was naas Donis ook lid van vier ander elektroniese musiekprojekte - Wejdas, Notanga, Ha Lela en Eirimė.

Donis het tussen 1998 en 2007 altesaam sewe albums uitgereik. Die meeste van Donis se musikale werke is bewerkings van oorspronklike etniese musiek uit Litaue. Die bekendste album is Bite Lingo, waarop agt argaïese Litause oorlogsliedere deur die folksangeres Rasa Serra gesing word.

Die album Švilpiai behels antieke okarina- of švilpynė-musiek, terwyl Sotvaras in samewerking met lede van Litaue se bekende Heidense musiekgroep Kūlgrinda ontstaan het. Donis het daarnaas 'n album uitgereik wat op Griekse mitologie baseer, Alexandreia, asook enkele eksperimenteel-elektroniese werke.

Toekennings[wysig]

  • A.LT 2006 - beste etniese musiek-kunstenaar

Diskografie[wysig]

  • 1998 - Deinana
  • 2002 - Baltos Juodos Klajos
  • 2003 - Švilpiai
  • 2003 - Sotvaras, met Kūlgrinda
  • 2004 - Vacuum
  • 2006 - Bite lingo
  • 2007 - Alexandreia
  • 2010 - Kas tave šaukia...

Eksterne skakels[wysig]

Media