Gewone dikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone dikkop
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Burhinidae
Genus: Burhinus
Spesie: B. capensis
Binomiale naam
Burhinus capensis
(Lichtenstein, 1823)

Die Gewone dikkop (Burhinus capensis) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom. Die voëls word tot 18 duim hoog en het lang bene en bruin vere met wit spikkels daarop. Hierdie spikkels bied uitstekende kamoeflering in die droë grasvelde en savanne waar hulle voorkom.

Die spesie jag uitsluitlik op die grond en vreet insekte, klein soogdiere en akkedisse. Hulle maak op die grond nes en die wyfie lê gewoonlik twee eiers op 'n slag. Die mannetjie en wyfie maak die kuikens saam groot en beide dra kos aan. Die voëls beskerm hulle neste en sal selfs maak of hulle beseer is om roofdiere van die nes af weg te lok. Hulle is ook voëls wat in die aand uitkom. [1]

Ander name[wysig]

  • Engelse naam: Spotted Thick-knee (Dikkop)
  • Wetenskaplike naam: Burhinus capensis

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Verwysings[wysig]