Amazon.com

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amazon.com, Inc.
Amazon.com-Logo.svg
Tipe Openbaar
Gestig 1994
Hoofkantoor Seattle, Washington, V.S.A.
Sleutelpersone Jeffrey P. Bezos (Voorsitter)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie e-Handel
Produkte A2Z Development, A9.com, Alexa Internet, Amazon.com, Amazon Kindle, Amazon Studios, Amazon Web Services, Audible.com, digital Photography Review (dpreview.com), Endless.com, Internet Movie Database (IMDb), LoveFilm, The Book Depository, Zappos.com, Woot, Junglee.com, goodreads.com, myhabit.com, askville
Dienste Wolkdienste
Inkomste Green Arrow Up Darker.svg $ 74,45 miljard (2013)
Bedryfsinkomste Green Arrow Up Darker.svg $ 745 miljoen (2013)
Netto inkomste Green Arrow Up Darker.svg $ 274 miljoen (2013)
Werknemers 117 300 (Januarie 2014)
Webwerf amazon.com

Amazon.com, Inc. is 'n Amerikaanse multinasionale elektroniese handelsmaatskappy wat sy hoofkwartier in Seattle, Washington het. Dit is die wêreld se grootste aanlyn-handelaar. Daarnaas vervaardig Amazon ook elektroniese verbruikersware soos die Amazon Kindle-reeks van e-boeklesers en die Kindle Fire-tabletrekenaar en is een van die grootste verskaffers van wolkdienste vir internet-gebruikers.

Amazon het tans nasionale aanlynwinkels in die Verenigde State, Kanada, Meksiko, Brasilië, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Oostenryk, Italië, Spanje, Japan, Indië en die Volksrepubliek van Sjina. Aanlynwinkels in Pole, Nederland en Swede sal in die nabye toekoms geopen word.

Die maatskappy is oorspronklik in Julie 1994 deur Jeff Bezos as Cadabra geïnkorporeer en het in 1995 as amazon.com aanlyn gegaan. Dit is na die Amasone-rivier in Suid-Amerika, een van die grootste riviere ter wêreld, vernoem.[1] Aanvanklik het amazon.com as aanlyn-boekwinkel opgetree, maar sy besighede vinnig uitgebrei om ook kompakskywe, DVD's, MP3-lêers, sagteware, videospelletjies, elektroniese verbruikersware, klere, meubels, kos, speelgoed en juweliersware in te sluit. Op 18 Junie 2014 het Amazon met Fire Phone sy eerste slimfoon bekendgestel.

Verwysings[wysig]

  1. Ann Byers: Jeff Bezos: The founder of Amazon.com. The Rose Publishing Group. Sien bl. 46-47